Boekpak – Tippie doen wiskunde Vlak 2
$54.7
$91.35
Tippie doen wiskunde is unieke en prettige manier om wiskunde te bemeester. Die Vlak 2 Wiskunde reeks fokus op die voorkennis van Vlak 1 en bou verder op die boustene van wiskundige geletterdheid. Vlak 2 bied kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippie temas. Tippie doen wiskunde is progressief en ons beveel aan dat jy by Boek 1 begin om vaslegging te verseker. Die breë uitkomstes in hierdie reeks is getalle, bewerkings en verwantskappe. Patrone, funksies en algebra asook ruimte, vorm, meting en datahantering word deurlopend in hierdie reeks aangeleer. Tippie doen wiskunde Vlak 2 fokus op funksionele uitkomstes, bied geleentheid vir selfassesering en sluit aantal tydgebaseerde aktiwiteite in. Duidelike vordering sowel as kurrikulumuitbreiding is in hierdie reeks ingesluit. Die Tippie doen wiskunde Vlak 2 boekpak bestaan uit die volgende 10 titels: Boek 1: Ontdek in die oerwoud Getalbegrip 1 – 20 / Hersiening en basislynassessering vir Graad 2 Wiskudige geletterdheid Boek 2: Ontdek met monsters Getalbegrip 1 – 30 / Meting: kalenderwerk / Tyd: half- en kwartuur / Vermenigvuldiging / Plekwaarde / Simmetrie Boek 3: Leer in die ruimte Getalbegrip 1 – 40 / Meetkunde: 3D-vorms / Afmetings: lengte en gewig / Plekwaarde Boek 4: Ontdek met loopbane Getalbegrip 1 – 50 / Breuke / Afronding tot naaste 10 / Suid-Afrikaanse geld / Datahantering: sirkeldiagram / Meting: kalender en tyd Boek 5: Leer met reptiele Getalbegrip 1 – 60 / Afmetings: lengte / Verhoudings / Afronding / Patrone / Oorslaantel / Plekwaarde Boek 6: Ontdek met vervoer Getalbegerip 1 – 70 / Meting: afstand, spoed en kapasiteit / Verhoudings / Breuke / Patrone en volgorde / Datahantering: pictogram Boek 7: Leer onder die see Getalbegrip 1 – 80 / Afmetings: lengte en hoogte / Vermenigvuldiging / Afronding / Plekwaarde / Datahantering: sirkeldiagram Boek 8: Ontdek in die biblioteek Getalbegrip 1 – 90 / Vermenigvuldiging / Meting: massa / Datahantering: telkaarte Boek 9: Leer meer oor geld Getalbegrip 1 – 100 / Suid-Afrikaanse geld / Verhoudings / Sakrekenaar pret / Plekwaarde Boek 10: Leer terwyl jy deur die wêreld reis Getalle, bewerkings en verwantskappe / Patrone, funksies en algebra / Meetkunde: ruimte en vorm / Meting / Datahantering / Basislynassessering vir Graad 3 wiskundige geletterdheid
Readers Gr 1-3 Afrikaans